The Calitzdorp Vetplantfees is always a highlight of the year for me. At the recent succulent festival, I got the chance again to hear some wonderful speakers and talk to some fascinating people – several of whom are nature experts, generous with their knowledge and stories.
Ivan Lätti was kind enough to share his experience of my talk in writing. Thank you, Ivan! Ivan is the editor of Operation Wildflower, do visit their beautiful website. I’m not going to say much about my own presentation, “Seeing Nature with New Eyes”, but will rather share his letter with you:
Het jou aanbieding en die vloei van stimulerende, onverwagse natuurfoto’s om die goeie tema baie geniet. Die idee in jou aanbieding is vir my ook ‘n belangrike een. Die mens teenoor die natuur is ook deel van die natuur wat reageer daarop en afhanklik is daarvan. Om te oorleef, skep die mens noodwendig ‘n orde, ook in sy kop. Orde verdof die wonder van die wêreld om ons, leer ons om effektief te bestaan en vervelig te lewe. Ontneem ons die opwinding om elke stukkie nuwe lewe ten volle te ervaar en met die opwinding van ‘n kind te waardeer.
Daar’s geskryf dat die oog van kyk nie vol word nie. Maar die brein verpak deur ervaring wat inkom al vinniger volgens die kyker se gemaksone. Ons raak lui om nuwe perspektiewe te oorweeg, “want ons weet mos al hoe alles lyk!” Dis net nog ‘n voël, nog ‘n boom, blom of by, maar oppas tog vir die slang, die spinnekop!
Jy het my herinner dat mens meer opsies kan oorweeg met die regte voorbereiding vir die verwerking van wat jy waarneem. Observasie is stap een van alle wetenskap. Dan volg interpretasie, bou en toets van teorie tot by kennis en nuwe tegnologie wat moontlik word. Om in die veld te loop en die nuwe lewe met nuut geopende oë waar te neem, is die begin van die inspirasie vir nuwe denke, ontdekking wat nooit buite ons bereik is nie en die deur na die piek-momente van ‘n mens se lewe. Ek het onlangs die volgende aanhaling gekry:
‘Science describes accurately from outside, poetry describes accurately from inside. Science explicates, poetry implicates. Both celebrate what they describe’ – Ursula K. Le Guin
Mens is nie net brein vir wetenskap nie, ook gevoel vir skoonheid. Die loop in die veld met die regte instelling versterk albei. Met nuwe oë waardeer ons dalk genoeg om medemense te kan oortuig om hulself beter ervarings te gun en sommer ook die verantwoordelikheid van natuurbewuste burgerskap te aanvaar. Daarom is dit goed om soms herinner te word om weer ‘n slag sonder die ervaring van die jare onbevange na alles op ons pad te kyk.